Local newsNews

Oud-Fochie se dood ‘n ‘tragedie’

18-jarige Charlize Botha sterf op slag; verskeie ander beseer ná botsing in Thabo Mbeki-rylaan

‘n Oudleerling van Hoërskool Fochville is die naweek in ‘n ongeluk in Potchefstroom oorlede.

Die 18-jarige Charlize Botha is Saterdag 11 April in ‘n ongeluk in Thabo Mbeki-rylaan in Potchefstroom oorlede.

Potchefstroom Herald berig dat Charlize, wat ‘n passasier in die voertuig was, op slag oorlede is na hul voertuig ‘n boom getref het.

Die bestuurder van die voertuig (19), is ook ernstig in die ongeluk beseer en in die hospitaal opgeneem. Teen Saterdag was sy toestand kritiek.

Drie ander insittendes is ook in die hospitaal opgeneem.

Huldeblyke het na Charlize se dood op sosiale media ingestroom.

Intussen sê Hoërskool Fochville se hoof, mev. Erna Nortje, dat Charlize se dood vir die skool ‘n tragedie is.

“Ek onthou Charlize as ‘n pragtige, borrelende en positiewe leerder wat ‘n verskil in ander se lewens gemaak het, en altyd ander wou help waar sy kon,” sê Nortje.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button