Local newsNewsNews

Jong vrou oorlede na studente teen boom bots

Die manlike bestuurder van die voertuig (19), is tans kritiek in die hospitaal en ‘n vroulike passasier (18) is op slag oorlede.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ‘n voertuig vanoggend, 11 April, omstreeks 02:30 teen ‘n boom in Thabo Mbeki-rylaan gebots het. Daar was glo nie ander voertuie betrokke nie.

Kolonel Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder van die Noordwes, sê die manlike bestuurder van die voertuig (19), is tans kritiek in die hospitaal en ‘n vroulike passasier (18) is op slag dood. Drie ander insittendes, almal 19, is tans ook in die hospitaal opgeneem met ernstige beserings. Al vyf insittendes was studente. Dit is nog onseker hoe die ongeluk plaasgevind het.

Dit is die tweede noodlottige ongeluk in Potchefstroom in die laaste 24 uur.

Ruan Cato, paramedikus van Mooirivier Beskerming Emergency Med, sê sedert die begin van die naweek het Mooirivier Beskerming Nooddienste verskeie noodlottige padongelukke in Potchefstroom bygewoon.

“Ons doen ‘n beroep op alle gemeenskapslede om waaksaam te bly, alle padverkeersreëls te gehoorsaam en spoed te vermy. Jou veiligheid en die veiligheid van ander, hang daarvan af.”

Die Herald sal sodra verdere inligting is, meer oor die studente deel wat in die ongeluk betrokke was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button