Local newsNewsSport

Scorpions se o19-span buig knie teen Wolves

Die Scorpions het gewys dat hulle 'n klub is om mee rekening te hou.

Die plaaslike Scorpions-rugbyklub se o19-span het Saterdag in hul liga se semi-finaal teen die Alexandra Wolves te staan gekom, maar moes ongelukkig die knie buig.

Volgens die klub se bestuurder, Joe Bosch, het die span met 26–39 verloor, al het die manne hul harte uitgespeel.

Ondanks die nederlaag was daar individuele hoogtepunte toe Onkabetse Mokele as die beste voorspeler van die dag aangewys is en Siya Jama die titel as beste agterspeler ontvang het.


Bosch het sy dank uitgespreek teenoor al die spelers wat vanjaar vir die klub uitgedraf het.

“Ons gaan al vanjaar se foute volgende jaar regmaak en gaan nóg groter sukses as vanjaar hê,” het Bosch bygevoeg.

Sy het die spelers aangemoedig om fiks te bly tydens die af-seisoen sodat hulle weer volgende jaar met mening aan wedstryde kan deelneem.

Bosch het terselfdertyd die Wolves en die Harlequins sterkte toegewens met hul finaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button