Local newsNews

Carletonville se Smithathlons atlete wys hul staal

Die meeste van die atlete het hul persoonlike beste tye gehardloop.

Atlete van die bekende Smithathlons-atletiekklub van Carletonville het die afgelope week uitstekend tydens die NWU Wildeklawer Top 30 byeenkoms in Sasolburg presteer.

Volgens die klub se afrigter, Annatjie Smit, het Tsepo Magotsi, Remmone Morobi, Xolani Kotoi, Jutani Blaaw, Sbusiso Ndiko, Danie de Wet en Lesego Thela van 15 tot 17 Oktober aan die byeenkoms deelgeneem.

Sbusiso Ndiko het silwer medaljes in die seuns o16 100 m en 200 m ingepalm, terwyl Morobi ‘n brons medalje in die seuns o19 400m-item verower het. Hoewel die kompetisie Kotoi se eerste groot byeenkoms was, het hy ‘n indrukwekkende vierde plek in die seuns o19 110m- hekkies behaal.

Smit was vol lof vir haar atlete en het gesê dat 99% van die atlete hul persoonlike beste tye gehardloop het.

“Drie van die atlete het reeds tye wat hulle vir die SA’s kwalifiseer, gehardloop. Dit is uitstekend, want al wat ek van hulle verwag het, was om ‘n persoonlike beste te hardloop. Ek het geen druk op hulle geplaas nie omdat dit nog voor die atletiek seisoen was.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button