Die Supa Quick 10km en 5km nagwedloop vind vanaand, 19 Oktober, plaas by die B-rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark-stadion.
Dié wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel. Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginneratlete om ‘n10km of 5km afstand aan te pak.
Die 10km wedloop begin om 19:00 en die 5km pretloop om 19:05. Die inskrywingsgelde vir die 10km is R60 per atleet en vir die 5km R30.
Atlete wat aan die 10km wedloop wil deelneem en nie vir 2016 by Atletiek Suid-Afrika (ASA) geregistreer is nie, moet ‘n tydelike nommer koop teen R30. Atlete kan vanaf 17:00 op die dag van die wedloop by die stadion inskryf.
Kontak gerus vir PC Meyer by 082 923 0014 of Chantelle Pat by 073 466 9158 vir meer inligting.