Local sport

Nylstroom rugbyklub wen met skrale punt

In hul eerste wedstryd van die liga het die span van die Nylstroom-rugbyklub as wenners weggestap na hul kragmeting teen Loskop-rugbyklub.

Die twee spanne het op Vrydagaand, 12 April kragte gemeet op die velde van Hoërskool Nylstroom. Nylstroom het die wedstryd met ’n enkele punt gewen en die eindtelling was 25-24 in die tuisspan se guns.

Nylstroom se drieë is gedruk deur Meyer Ferreira, Stephan Janse van Vuuren en Armand Conradie. Tristan Snyman en Tiaan Bestbier het doelskoppe deur die pale gesit en Tristan Snyman het punte ingesamel met twee strafskoppe.

Die Nylstroom-span speel weer op Vrydag, 26 April teen die Siyanda-rugbyklub op dié se tuisveld. Loskop-rugbyklub pak die span van Vaalwater by die Chris Wiid-stadion in Groblersdal en Naboomspruit en die Kwaggas van Bela-Bela sê mekaar die stryd aan by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong.

Related Articles

 
Back to top button