Local sport

Warries-netbalspelers wys hul staal

Die netbalspanne van Hoërskool Warmbad hou hul skool se naam hoog.

Tydens die Waterberg-distrikproewe wat op Maandag 8 April by Hoërskool Nylstroom in Modimolle gehou is, het die Warriespan hul staal gewys. Hul spel was konstant aanvallend en het verskeie spelers deurgedring na die volgende ronde Limpopo-proewe wat op 23 tot 24 April by Hoërskool Pietersburg in Polokwane sal plaasvind.

Jandri de Bruyn (onderwyser en afrigter) behaal ’n C+ Limpopo-skeidsregter gradering.

Die spelers in die onderskeie ouderdomsgroepe wat genooi is na die Limpopo-proewe is in die o.14-span Nicolette Strauss, Bothale Maluleke en Ntsako Mhaula . In die o.15-span is Blessing Nkuna en Koketso Mabunda die spelers wat ’n Limpopo-span kan haal. Michelle Combrinck en Lesedi Mashishi sal die Warries in die o.16-span verteenwoordig. Die o.17 meisies het hul goed van hul taak gekwyt en drie is opgeneem in die span vir verdere proewe, Eve Maleka, Keorapetse Malela en Nadia Swartz. Dit is egter die senior meisies wat die septer geswaai het met Anuscha Combrinck, Amelia Neveling, Letlhogonolo Mhlanga en Musa Montana wat deurdring na die volgende ronde proewe.

Blessing Nkuna en Koketso Mabunda sal in die o.15-span meeding.

Onder die uitblinkers van die dag was Michelle Combrinck, ’n gr. 10-leerder wat nie net goeie spel gelewer het in spanverband nie, sy het ook ’n C+-gradering behaal as skeidsregter. Dit sal haar in staat stel om in ligawedstryde as skeidsregter op te tree. Sy is ’n veelsydige leerder en is by baie fasette van sport betrokke.

Nog ’n Warrie wat haar merk in die netbalkringe gemaak het is, Jandri de Bruyn, onderwyser en afrigter. Sy het ook ’n C+-gradering behaal as skeidsregter. Sy is ’n toegewyde onderwyser en spits haar toe op die bevordering van netbaltalent binne die skoolgemeenskap.

Netbal gedy in Hoërskool Warmbad.

Michelle Combrinck en Lesedi Mashishi gaan in Polokwane aan die o.16 Limpopo-proewe deelneem.
Michelle Combrinck (gr.10-leerder) behaal ’n C+ Limpopo-skeidsregter gradering.
Die o.17 spelers wat proewe toe gaan is Eve Maleka, Keorapetse Malela en Nadia Swartz.

Related Articles

 
Back to top button