Local sport

Sakelui spook sake op rolbalbaan uit

Die personeel van verskeie ondernemings in Bela-Bela rol elke week balle by die rolbalklub om te kyk of hulle span vanjaar se wenner van die Sakeliga kan wees.

Die Pos het met van die deelnemers gesels om te hoor wat geniet hulle die meeste.

Maurice Maidment.

Maurice Maidment van die Landini-span:

Dit is terapeuties. Almal werk hard en die liga laat ’n mens ontspan. Deel van die genot is al die sakeondernemings wat bymekaar kom en mekaar ondersteun.

Charnell Heuer.

Charnell Heuer van die Ronwill-span:

Om sosiaal te verkeer is vir my lekker. Dit is ’n geleentheid vir die sakelui om te kom ontspan na ’n besige werksdag. Dit is heerlik om net te speel en jouself te geniet, maar ons neem dit definitief ook baie ernstig op.

Nicola Diener.

Nicola Diener van die Rock and Rollers:

Om te wen natuurlik! Die samesyn is lekker en ook as al die sakemense bymekaar kom om hulle self net te geniet.

George Maartens.

George Maartens van Auto Air:

Ek geniet die vriendskappe wat ons hier bou en die kameraadskap tussen die verskillende sakeondernemings.

Bianca Henderson.

Bianca Henderson van die Rolbossies-span:

Die feit dat dit onvoorspelbaar is. Enigiets kan gebeur. Die een oomblik dink jy, jy is nou uit en dan rol die bal anders as wat jy verwag het. Natuurlik is die samesyn lekker en die braai na die tyd is altyd ’n hoogtepunt.

PJ Victor.

PJ Victor van Haval Bela-Bela:

Dit is ’n lekker spanbou-aktiwiteit. Ons leer ons kollegas op ’n ander vlak ken.

Related Articles

 
Back to top button