Local news

Gemeenskap rou oor skokkende afsterwe van NGK Primrose-Oos predikant

Gemeente en inwoners bring hulde aan geliefde predikant wie se geloof, deernis en besondere prediking ’n blywende merk gelaat het op Primrose-Oos.

Die gemeenskap van Primrose-Oos is in rou gedompel ná die skokkende nuus op 6 April wat deur NGK Primrose-Oos gedeel is oor die afsterwe van ds Danie Oosthuizen.

Volgens die kerk se plasing op sosiale media is Oosthuizen “met groot hartseer” oorlede nadat hy glo in sy huis oorval en noodlottig gewond is.

Primrose murder investigation underway after 74-year-old man is attacked

Die tragiese voorval het skokgolwe deur die gemeente en die breër gemeenskap gestuur.Talle inwoners het hul hartseer en medelye op sosiale media gedeel en hulde gebring aan ’n man wat volgens hulle ’n blywende impak op baie lewens gehad het.

Leandra Green het hom beskryf as ’n besondere mens wie se preke diep geraak het.

Sy het vertel hoe hy haar seun se begrafnisdiens in September 2025 behartig het en dit op ’n uitsonderlike wyse gedoen het.

“Ons luister nou nog na sy preek,” het sy gesê.

Susan van der Linde het haar innige simpatie met die familie uitgespreek en gesê hy was “voorwaar ’n man van God” wat altyd bereid was om te help, ongeag of iemand deel van sy gemeente was of nie. Volgens haar laat sy afsterwe ’n groot leemte.

Elize Muller het die nuus as ’n groot skok beskryf.

Sy het vertel dat sy tydens haar werk in die kerkkantoor baie by hom geleer het en dat sy preke mense altyd met ’n ligter hart huis toe laat gaan het.

“Soms het dit gevoel of hy net vir my preek,” het sy gedeel.

Ander inwoners het ook hul hartseer uitgespreek en gesê sy unieke manier van prediking het gemaak dat mense uitgesien het na elke Sondag se diens.

Franciska Olivier het die verlies as “verskriklik hartseer” beskryf en gesê daar sal vir haar net een soos hy wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Marietta Lombard

Editor-in-Chief of Caxton Joburg Metro with 26 years' experience in the community newspaper industry. I serve as Gauteng Director and deputy executive director of the Forum of Community Journalists and I am a press representative of the Press Council SA.

Related Articles

Back to top button