CrimeNewsUpdate

Motorfietsryers spring dood net-net vry

Twee manne in hul twintigs het die dood net-net vrygespring nadat hulle beheer oor hul motorfiets verloor het in 'n poging om 'n voertuig in die verkeerde baan te mis.

Hansie Duvenage is ernstig beseer toe hy en sy vriend Kobus Herbst beheer oor hul motorfiets verloor het in ‘n poging om ‘n aankomende nutsvoertuig in die verkeerde baan te vermy. Die ongeluk het op 10 September omstreeks 18:30 in Retiefstraat tussen Hoër Volkskool en die nuwe inkopiesentrum gebeur. Die span van Heidelberg Medic Volunteers was oudergewoonte eerste op die toneel en het vir ure onverpoos gewerk om die twee te stabiliseer. Lede van Heidelberg GPF het ook hulp op die toneel verleen. Kobus het sy arm op twee plekke gebreek en is reeds uit die hospitaal ontslaan. Hansie het ‘n kopbesering opgedoen, vier ribbes en ‘n arm gebreek en word onder verdowing in ‘n Johannesburg-hospitaal gehou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button