CrimeNewsUpdate

Jong sakevrou sterf in koeëlreën: rowers wond verloofde

'n Jong vrou van Heidelberg het gesterf toe sy en haar verloofde hulle gisteraand omstreeks 21:00 in gewapende rowers vasgeloop het toe hulle die man se werkplek besoek het.

Chantelle Jacobs het gesterf en haar verloofde Marius Jansen van Rensburg is gewond toe die paartjie omstreeks 21:00 op 11 Oktober by Wentrans (op die R23 na Balfour) ingery en deur gewapende rowers oorval is. Chantelle is op die toneel deur paramedici dood verklaar en Marius is na Life Suikerbosrand Kliniek geneem. Chantelle was die eienaar van Glam Nails in Heidelberg en Marius is ‘n werknemer van Wentrans.
Die paartjie het probeer wegjaag by die hek van Wentrans toe hulle onraad vermoed het. Terwyl Marius die bakkie in tru-rat gery het, het 15 gewapende rowers genadeloos op hulle losgebrand. Chantelle het gesterf ná verskeie skote in haar bors en maag. Marius sterk tans in Life Suikerbosrand Kliniek aan. Hy is in sy regterheup en linker bo-arm gewond. Wentrans is die afgelope tyd deur gewapende rowers geteister. Die paartjie was omstreeks 20:30 oppad terug na hul huis wat op die perseel geleë is toe hulle ‘n vreemde man by die hek gewaar en onraad vermoed het.
Nadat die paartjie geskiet is, het die rowers Marius uit die bakkie gesleep en met hom na die stoor gestap waar hulle ‘n vragmotor se sleepwa gesteel het. Die wa met sy kopervrag is ongeveer R4 miljoen werd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button