
Ike van Wyk se knie is op drie plekke gebreek, hy het verskeie kopwonde opgedoen, sy linkeroog was bloedbelope en toegeswel, die ligamente tussen sy ribbes geskeur en drie tande gebreek nadat hy erg op Oujaarsaand aangerand is. Hy het ook harsingskudding opgedoen en een van sy aanvallers het hom met ‘n voertuig omgestamp. Christo Viljoen (Ike se swaer) se bure het vuurwerke op Oujaarsaand in Walkerstraat, Rensburg afgevuur. Christo was bang dat sy grasdak lapa sou vlam vat en sy honde het vreesbevange oor die muur probeer spring. Ike en Christo is na die bure om te vra dat hulle ophou, toe ‘n argument uitgebreek en ‘n geveg ontstaan het.
Lees volledige berig in HERAUT van 14 Januarie.



