Twee diewe het op Mr.Video by die Oasis Sentrum toegeslaan en amper met `n selfoon weggekom.
`n Werknemer van RuleRite Stationers, Wimpie Lee het gesien hoe die toneel afspeel en toe die een boef opgespoor.
Volgens Lee het die voorval om en by 13:20 plaasgevind. `n Mr.Video-winkelassistent het die winkel vir `n oomblik alleen gelos om kos te gaan koop. Lee het gesien `n man loop met `n spoed na die DVD-winkel. Die ander man het agter `n boom uitgespring en binne die winkel ingegaan. “Die een buite het gelyk of hy wag-staan,” het Lee gesê. “Ek het gesien die een kom uit met `n foon in sy gatsak.” Hy het op hom geskree. Die winkelassistent het haar foon in die pad opgetel toe Lee met die kar die diewe gaan soek het. Devan Heystek, eienaar van RuleRite Stationers het die polisie gebel. Die polisie het ook die skelms gaan soek toe Lee die een by die huurmotorstaanplek oorkant Spar vasgetrek het. Die man is gearresteer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



