
Die Shoprite inkopiewinkel in Voortrekkerstraat het op 2 Maart vroeg in die oggend tydens `n roof deurgeloop. Die winkel se deure was omstreeks 06:05 oopgeskop, toe vier gewapende mans die plek wou beroof.
Volgens Heidelberg Polisiewoordvoerder Kapt Thivhulawi Tshilate het `n onbekende sekuriteitswag verby die winkel gestap, toe rowers die deure probeer oop forseer het. Hy het hulle gevra waarmee hulle besig is, toe hulle hom gryp.
`n Bestuurder binne die winkel het hulle gesien en die slot probeer stywer druk. Sy het besef hulle is gewapen en het die werknemers almal in `n kamer gejaag en toegesluit. Volgens polisie het die rowers handpistole en `n R4-geweer gedra.
Die rowers het die deur oopgeskop en die winkel binnegegaan. Hulle wou die kantoor met al die geld betree maar helaas was dit gesluit. Die rowers het dit met `n koevoet oopgebreek. Die sekuriteitswag was geslaan en aangerand. Volgens polisie het die rowers besef hul tyd raak min en het toe verdwyn. Dit blyk of `n rekenaarboks gesteel is.



