CrimeNews

Diensleweringsoptog van bekommerde Ratanda inwoners word Vrydag gehou

Ratanda inwoners wat ontevrede is met die munisipaliteit en Heidelberg Mall gaan 'n diensleweringsoptog dié Vrydag (6 Maart) hou.

Ontevrede inwoners van Ratanda gaan ‘n optog dié Vrydag (6 Maart) hou om hul misnoë met die munisipaliteit en Heidelberg Mall uit te spreek. Die optoggangers is ontevrede met verskeie aspekte wat nog nie deur die munisipaliteit sedert die 2012 oproer aangespreek is nie. Hulle is ook ontevrede met Heidelberg Mall omdat daar na hul mening te min plaaslike mense
aangestel is.
Die optoggangers sal om 08:00 by Ratanda se huurmotorstaanplek bymekaarkom vanwaar hulle op die R549 (Vaaldam-pad) in die rigting van Shalimar Ridge sal beweeg. Vandaar sal hulle in Schoemanstraat na Voortrekkerstraat beweeg en weer in HF Verwoerdstraat regs na die munisipale kantore draai. ‘n Memorandum sal by die munisipaliteit oorhandig word waarna die optog na Heidelberg Mall via Jacobsstraat sal beweeg.
Die organiseerders moes verskeie veiligheidsmaatreëls in plek stel voor die optog deur Heidelberg Polisie goedgekeur is. Die polisie sal die optog deurgaans monitor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button