CrimeNewsUpdate

Rowers bind bejaardes vas, slaan en besteel hulle

Drie bejaardes en nog 'n jonger vrou is deur rowers verniel tydens 'n rooftog by hul hoewe in Spaarwater.

‘n 72-Jarige bejaarde man, sy 69-jarige vrou, 72-jarige skoonsuster en hul 38-jarige dogter is deur vier gewapende rowers in hul huis op Spaarwater oorval, vasgebind en met vuurwapens in die gesig geslaan. Die bejaardes het op 3 Maart net na 18:00 by die huis aangekom toe hulle oorval is. Die rowers het ‘n gat in die heining gesny en die huismense ingewag. Nadat hulle die mense geterroriseer en onsmaaklikhede toegesnou het, het hulle te voet met kontant, selfone, juwele en die man se haelgeweer op die vlug geslaan. Heidelberg Polisie was vinnig op die toneel en het die verdagtes in die aangrensende mielielande gesoek. Die soektog het egter niks opgelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button