
Nege gewapende rowers wat die Vodacom winkel in Heidelberg Mall op 24 April om 11:00 van selfone en kontant beroof het, is dieselfde dag in Yeoville, Johannesburg vasgetrek. Boonop word een van hulle met die moord op Konstabel Frans Ledwaba tydens ‘n poging tot roof by Park Stasie op 24 Maart verbind.
Polisie het sewe ongelisensieerde vuurwapens, twee pistole en twee AK 47s in die verdagtes se besit gevind. Al die gesteelde selfone is ook teruggevind.
Die verdagtes het op die Vodacom winkel toegeslaan pas nadat nuwe voorraad afgelewer is en personeel sowel as klante aangehou. Die rowers was aggressief en het van die personeel aangerand. Die rowers het in ‘n swart Opel Corsa gevlug.
Dit is die tweede keer vanjaar dat die Vodacom winkel onder gewapende rowers deurloop. Agt verdagtes het die winkel op 26 Januarie van nuwe voorraad wat ook pas afgelewer is, beroof.



