CrimeNews

Polisie vang man wat op plaas aanval

Heidelberg Polisie het 'n man aangekeer wat positief met die wrede aanval van 'n vrou op 'n plaas in Blinkpoort verbind word.

‘n Huiswerker op ‘n plaas in Blinkpoort is gister langs die pad deur ‘n man oorval en wreed met ‘n skerp voorwerp in die gesig gesteek. Sy het slegs ‘n R20 noot en haar selfoon by haar gehad. A/O Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo het die vrou se beskrywing van haar aanvaller opgevolg en besef dat dit dieselfde man is wat hulle ‘n week te vore vir diefstal gearresteer het. ‘n Sak vol koperware is in sy besit gevind. Die hof het nie die saak op die hofrol geplaas nie en die man is vrygelaat. Die polisie het verder ondersoek ingestel en die koperware positief met ‘n inbraak op dieselfde plaas verbind. Die ondersoek het hulle na Balfour gelei en met die hulp van Balfour Polisie is die beskuldigde vanoggend in Siyathemba aangekeer. Hy is ‘n ou misdadiger met verskeie veroordelings teen hom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button