CrimeNews

Konsessie onttrek na bottelstoor arrestasie

Dit blyk of die konsessie-groep OVERLAND LIQUORS hul aandeel in die bottelstoor in Rhodeslaan onttrek het.

NIGEL – Dit blyk of die konsessie-groep OVERLAND LIQUORS hul aandeel in die bottelstoor in Rhodeslaan onttrek het.

Dit volg op die gebeure van 22 Mei toe ‘n gekaapte vragmotor met volgelaaide vrag (alkohol), op die perseel van die betrokke bottelstoor gevind en drie verdagtes op die plek gearresteer is. Die verdagtes het reeds in Nigel Landdroshof verskyn, maar borg is geweier en die saak uitgestel.

By navraag is daar aanvanklik gesê die bottelstoor is onbepaald gesluit, maar HERAUT het op 25 Mei verneem dat SARS se ondersoek voltooi is, en gevolglik het die winkel weer vir besigheid oopgemaak.

HERAUT het op 29 Mei ‘n span werkers by die perseel opgemerk, waar hulle besig was om OVERLAND LIQUORS se advertensieborde te verwyder.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button