CrimeNews

Rowers verras huiswerker in Rensburg

Twee rowers het 'n huiswerker helder oordag oorval, vasgebind en met juwele en 'n stofsuier ontsnap.

‘n Huiswerker in Romynstraat in Rensburg is helder oordag deur rowers oorval terwyl nog lede van die gesin elders op die erf besig was.

Die voorval het omstreeks 08:30 op 5 Junie gebeur toe die rowers by die hek en voordeur ingestap en die huiswerker met ‘n vuurwapen gekonfronteer het. Sy is na die hoofslaapkamer geneem waar die rowers haar met klere vasgebind het.

Teen die tyd dat die man van die huis by die kombuisdeur ingekom het, het die rowers reeds deur die voordeur ontsnap. Hy het ‘n voertuig hoor wegry, maar niks gesien nie.

Die rowers het met juwele en ‘n stofsuier weggekom.

Enigiemand met inligting oor die voorval, kan Adjudant Offisier Frank Mnqosini by 082 856 0968 skakel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button