CrimeNews

Nigel besighede loop onder rowers deur

Rowers het in die vroeeë oggendure van 13 Julie op Hinterland, voorheen bekend as Afgri Nigel, toegeslaan en ongeveer R40 000 kontant buitgemaak.

Volledige berig verskyn in HERAUT op 22 Julie

Volgens die bestuurder van die onderneming het die rowers eers ‘n maslig op die perseel buite werking gestel en daarna die sekuriteitswag oorrompel en vasgebind. Hulle het ‘n blikskêr gebruik om ‘n staal roldeur oop te sny en toegang tot die gebou verkry.

 

AFGRI2

Dit het later aan die lig gekom dat die diewe die alarmstelsel se drade geknip het om dit onaktief te stel. Hulle het sodoende toegang tot die administrasie gebou verkry, waar hulle twee kluise geplunder het.

Volgens die polisie is geen verdagtes aangekeer nie en die saak word ondersoek.

Besoek gerus ons FB-blad vir nog nuus: FACEBOOK

of volg ons op TWITTER

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button