CrimeNews

Polisie soek na verdagte in molestering saak

'n Minderjarige seun is in Rensburg seksueel aangerand.

Die polisie is op soek na ‘n Afrikaanse man van tussen 35 en 40 jaar wat ‘n 15-jarige seun seksueel gemolesteer het.

 

Die voorval het vroeër vanjaar in Rensburg plaasgevind toe die man die seun gevra het om hom te help om bokse te laai. Die seun moes saam met die man deur die veld stap, waar die verdagte hom gemolesteer het.

 

Die man is lank en het ‘n ligte baard. Ten tye van die voorval het hy ‘n blou denim broek, lemmetjiegroen T-hemp en ‘n pet gedra.

 

Enigiemand wat die polisie met inligting kan help, kan Adjudant Offisier ND Sibuye by 076 834 2546 of 011 739 0800 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button