CrimeNews

Gewapende rowers slaan toe by onbewoonde huis

NIGEL - ‘n Groep gewapende rowers het op 11 Augustus by ‘n huis in Ferryvale, waar opknappingswerk gedoen word, toegeslaan.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh het die roof omstreeks 11:00 plaasgevind, nadat die mans ongesiens by ‘n onbewoonde huis in Sheffieldweg ingeloop het waar ‘n kontrakteur en sy werker met elektriese werk besig was.

Ten tye daarvan was die huiseienaar se dogter Erika Stadler nog in die motor voor die oprit. Sy is hardhandig uit die voertuig gedwing en beveel om op die motorhuis se vloer te lê. Die elektriese kontrakteur en sy werknemer is daarna ook die motorhuis ingedwing en beveel om op die vloer te lê.

“I’m going to f…ng shoot you! Lie still!” het die leier van die groep rowers vir die kontrakteur geskree terwyl hul hande vasgebind is.

Weens die feit dat die huis onbewoon is vir opknappingswerk, het die rowers die kontrakteur se gereedskapskas en ‘n Mercedes Benz buitgemaak.

‘n Saak van gewapende roof en motorkaping word deur Nigel SAPD ondersoek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button