CrimeNews

Rowers slaan op huis in Rensburg toe

Verdagtes breek hek en deur oop terwyl huiswerker in huis werk.

‘n Huiswerker het op rowers afgekom, terwyl hulle besig was om ‘n gesin van Coen Labuschagnestraat, Rensburg se TV en klanksisteem te steel.

Die rowers het omstreeks 11:00 vanoggend toegang tot die huis verkry deur eers ‘n buitehek en toe die voordeur en sekuriteitsdeur oop te breek.

Die verdagtes het in ‘n pers, ou model Volkswagen kombi weggejaag. Hulle is tot op die N3 agtervolg en later in Alberton aangekeer.

 

Die eienaars van ‘n Chinese restaurant in Schoemanstraat is op 1 September om 19:50 deur drie gewapende rowers oorval. Hulle het die eienaar forseer om die geldlaai oop te maak en met kontant, ‘n skootrekenaar en selfoon weggekom.

 

In nog ‘n voorval het polisielede daarin geslaag om ‘n verdagte wat Heidelberg die afgelope maand geteister het, op 2 September aan te keer. Die goedgeklede man het veral besighede geteiken. Hy het doodluiters in besighede ingestap en hulle met ‘n mes beroof.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button