CrimeNewsBreaking News

Veediewe vas na maande se ondersoek by plaaslike veeplaas

NIGEL - Vier veediewe is in die vroeë oggendure van 15 September op ‘n bekende plaas buite die dorp vasgetrek terwyl hulle besig was om gesteelde vee op ‘n voertuig te laai.

LEES VOLLEDIGE BERIG IN HERAUT OP 23 SEPTEMBER

(Waarskuwing: die berig bevat ontstellende beeldmateriaal)

Die mans is op heter daad deur lede van die SAPD se veediefstaleenheid betrap en op klagte van veediefstal gearresteer.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, is ongeveer 40 stuks stoetdiere tot dusver op die plaas gesteel en geslag.

IMG_20150915_093313

Luidens ‘n nuusverklaring deur Willie Clack, voorsitter van die Nasionale en Gautengse veeidefstalvoorkomingsforum, word die spesifieke plaas vir jare reeds deur veediewe geteiken, maar dit is veral die afgelope paar maande wat veediewe groot verliese veroorsaak het.

Die voertuig waarmee vier veediewe gesteelde en geslate vee op 'n plaas buite Nigel vervoer het. Polisie het op die voertuig beslag gelê
Die voertuig waarmee vier veediewe gesteelde en geslate vee op ‘n plaas buite Nigel vervoer het. Polisie het op die voertuig beslag gelê

Die vier mans verskyn more in Nigel Landdroshof.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button