Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar ‘n personeellid is omstreeks 07:00 vanoggend deur chaos begroet toe sy die administrasie-gebou oopgesluit het.
Sy het ook later op die bebloede nagwagte in ‘n stoorkamer afgekom en die polisie dadelik ontbied. Die wagte is na Heidelberg Hospitaal geneem en een verkeer in ‘n ernstige toestand nadat hy erg aangerand is. Daar is bloed op die plafon, teen die kaste en op die vloere – getuienis van ‘n wrede aanval op die wagte.
Personeel en leerders is geskok en verslae. Van die gesteelde items is die skool se nuwe Smartboard (elektroniese witbord), skootrekenaars en rekenaarskerms maar die ware omvang van skade sal later bepaal word.

Elke vertrek in die administrasiegebou het deurgeloop. Die polisie is nog besig met ‘n ondersoek en ‘n volledige berig oor die inbraak sal later volg.





