CrimeNewsBreaking News

Gewapende roof in spogbuurt

'n Huis in Sheffieldweg is pas (omstreeks 10:00) deur 'n groep gewapende mans beroof.

Volgens die tuinier was hy besig om gras agter die huis te sny toe hy deur ‘n groep gewapende mans oorval is.

Hy is na binne die huis beveel, waar hy en twee bediendes deur die rowers vasgebind is. “Ek was besig om kos te kook, toe die mans my gryp en my hande vasmaak,” het een van die bediendes op die toneel gesê. Die ander bediende was besig om elders af te stof, toe sy oorval en vasgebind is.

‘n Buurvrou het die insident rapporteer en lede van Nigel GPF het inligting ontvang om vir ‘n wit Corsa Bakkie (met kappie) op die uitkyk te wees. Dié is glo gesien terwyl dit van die toneel af weggejaag het. Nigel polisie het ook binne minute opgedaag. Een van die bediendes wie se hande nog agter haar rug vasgebind was, het na buite gehardloop en gehuil. Hulle was te geskok om die presiese gebeure te onthou en is nie seker hoeveel rowers in die huis was nie.

Polisielede en lede van Nigel GPF het die gebied gefynkam, maar geen spoor van die rowers gekry nie.

Die rowers het verskeie elektroniese toestelle soos televisies buitgemaak en glo ook toegang tot die kluis gekry.  Dit is nog onduidelik hoe hulle toegang tot die huis met sy buitengewone sekuriteitstelsel gekry het, maar die polisie ondersoek die roof.

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button