
Elzona Meyer van Heidelberg Volunteer Medics is helder oordag in die parkeerterrein voor KFC in Voortrekkerstraat van haar selfoon beroof.
Elzona het om 17:00 in haar motor vir haar bestelling gewag, toe twee booswigte haar deur oopgeruk het. Die een het ‘n skerp voorwerp teen haar gehou en haar selfoon geëis.
Sy was te oorbluf en lam van skok om te reageer en die rowers het doodluiters met haar selfoon in die rigting van die huurmotorstaanplek weggestap en toe verdwyn.
Volgens Elzona is die twee om en by 19- of 20 jaar oud, kort en slender gebou.
Heidelberg Polisie ondersoek die saak en enigiemand met inligting kan Adjudant Offisier Wollie Wolmarans by 082 822 8367 skakel.



