
Diewe het by Mafuta’s Taxidermy in Endstraat ingebreek en velle, kraggereedskap, knipmesse, egte leerstewels en -hoede gesteel.
Jaco Nel (eienaar) vra inwoners om op die uitkyk te wees vir iemand wat dié items probeer verkwansel. Dit is veral die egte koedoe- en buffelleer stewels en hoede wat maklik uitgeken sal kan word.
Indien iemand jou met dié artikels nader kan Adjudant Offisier Wollie Wolmarans by 082 822 8367 geskakel word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




