
Ná inligting van die publiek opgevolg is, is twee hawelose mans in Nigel in verband met die moord op ‘n mede-boemelaar aangekeer.
Die slagoffer is Maandag (8 Februarie) in ‘n agterkamer van ‘n besigheid in Smitstraat dood gevind. Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate het hy merke, bloukolle en bloed aan sy gesig gehad.
A/O Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo het ná slim speurwerk na sy twee vriende begin soek. Die drie mans het glo ook in Desember ‘n onderonsie gehad wat deur die polisie ondersoek is.
Die mans is op 12 Februarie in hegtenis geneem. Die saak is egter op 15 Februarie nie op die rol by Heidelberg Landdroshof geplaas nie, glo weens te min getuies.



