MotoringSport

Heidelberg en Nigel karate volstoom aan die gang

Die Heidelberg en Nigel JKA Karateklub is volstoom aan die gang.

Die klubs het hulle oefeninge op 13 Januarie hervat onder streng Covid-19 protokol en regulasies. Sensei Bernard Raubenheimer het gesê dat die dissipline wat met karate gepaard gaan dit maklik maak om by die protokol van sanitering, maskers en vepligte distansie van 2m te bly. Daarby word studente en ouers van studente gemaan om nie te kom oefen al het hulle net ‘n loopneus.

Die klubs het hulle jaar goed afgesluit met die jaareind klubgraderings en die hou van ’n fiksheidskompetisie. In die lig van die pandemie en die uitdagings rondom oefeninge aanlyn en in die klub, het die studente almal hulle gradering geslaag en is bevorder na hulle volgende gordels.

Aangesien daar nie ’n klubkompetisie mag plaasgevind het nie, het Raubenheimer besluit om ’n fiksheidskompetisie aan te bied. So het die Sensei Bernard Dojos Ratel-kompetisie die lig gesien. Die studente het na ’n strawwe toets ’n medalje en sakwapen verwerf. Hierdie sal nou ’n jaarlikse instelling word waaraan studente oor die hele land kan deelneem.

Verder het die klub ook sy jaarlikse prysuitdeling gehou en is die studente vereer vir hulle prestasies. Trofeë, provinsiale en graderingssertifikate is uitgedeel.

Heidelberg Karateklub is die jaar 47 jaar en Nigel 12 jaar oud. Raubenheimer is al 47 jaar by Heidelberg betrokke en is n vyfde Dan. Hy het ook sy internasionale afrigter, eksaminator en skeidsregterskwalifikasies verwerf. Hy oefen tans vir sy sesde Dan en hoop om die einde van die jaar na Japan te reis om te gaan gradeer as die pandemie dit toelaat.

Veertien van Heidelberg se studente berei hulle voor om in Maart te gaan vir hul onderskeie Dan (swartgordel) graderings.

Daar is reeds weggeskop met nuwe beginners en Dinkies (4 – 6 jaar). Enige belangstellendes kan Raubenheimer by 083 489 8231 kontak.

Sensei Bernard’s karatekas met hul prysuitdeling in 2020.
Karatekas tydens die Ratel-kompetisie waar hul fiksheid getoets is.
Sensei Bernard se karatekas in aksie tydens die Ratel-kompetisie wat nou ’n jaarlilkse instelling gaan word.
Sensei Bernard Raubenheimer saam met George Christodoulou, Stofberg Smit en Ame Hammond tydens gradering.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button