Sport

Ermelo-gimnaste presteer by Gautengse Gimnastiekfees

Gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het hul staal gewys tydens die Gautengse Gimnastiekfees in Centurion.

26 gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het van 12 tot 15 Junie aan die Gautengse Gimnastiekfees in Centurion deelgeneem en verskeie medaljes verower.

Sowat 1 200 gimnaste van Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo het aan die vierdaagse byeenkoms deelgeneem.

Die deelnemers het op vier apparate meegeding, waarna medaljes toegeken is volgens die gemiddelde punte wat op al vier apparate behaal is.

Die volgende Vlak 1-gimnaste het goue medaljes verwerf: Aphelele Sikhondze, wat ook algeheel derde geëindig het, Ayelet Swart, wat die eerste plek op die spronge behaal het en Luandi Swanepoel, wat algeheel 10de geëindig het.

Ermelo Gimnastiekklub se Vlak 2- en 3-gimnaste is Banati Mdutyulwa, Lea Jacobs, Miané Withfield en Kyna Boyder (agter). Voor is Lienke Borman, Nicola Coetzer, Lené Cloete, Esther du Toit, Duné Muller Anny Cloete, KT Kunene, Abigail Roux, Rebecca van der Merwe en Lena Coetzer. Joha Basson was afwesig toe die foto geneem is.
Foto | Ermelo Gimnastiekklub


Karli de Klerk, Rethabile Ramushu, Karlien Burmeister, Licebo Kubheka en Q Mahlangu het elk silwer gewen. terwyl Chantel Basson ‘n bronsmedalje verwerf het.

In die Vlak 2-afdeling het Nicola Coetzer ‘n goue medalje verwerf en algeheel tweede geëindig.
Lené Cloete en Lienke Bosman het elk silwermedaljes verower.

Die volgende gimnaste het bronsmedaljes ontvang: Abigail Roux, Helena Coetzer, Rebecca van der Merwe, Tuseka Mbaksane, Mbali Mthethwa, KT Kunene, Anny Cloete, Duné Muller en Esther du Toit.

Ermelo Gimnastiekklub se Vlak 1- en 2-gimnaste is Luandi Swanepoel, Karlien Burmeister, Q Mahlangu, Aphelele Sikondze, Tuseka Mbaksane en Mbali Mthethwa (agter). Voor is Licebo Khubeka, Rethabile Ramushu, Karli de Klerk, Chantel Basson en Ayelet Swart. Foto | Ermelo Gimnastiekklub


Op Vlak 3 het Kyna Boyder ‘n goue medalje verwerf en Lea Jacobs het silwer ontvang en algeheel sesde geëindig.

Bronsmedaljes is toegeken aan Miané Withfield, Banati Mdutyulwa en Joha Basson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button