Sport

Errie-atleet in SA-span

Die span sal deelneem aan die o. 20-Wêreld-atletiekkampioenskap in Lima, Peru

Kryn Romijn, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Ermelo, is onlangs vir die Atletiek Suid-Afrika-span gekies.

Die span sal vanaf 26 tot 31 Augustus aan die o. 20-Wêreldatletiekkampioenskap in Lima, Peru, deelneem.

Kryn sal Suid-Afrika in die 4×400 m- aflos en die 4×400 m- gemengde aflos verteenwoordig.

Sy afrigter, Eben Jonker sr., het sowat 30 jaar gelede ook Kryn se ma, Mari-Louise Romijn (née Henning) afgerig.

Sy het in 1994, ook in haar st. 9-jaar by EHS, Suid-Afrika by die Junior Atletiekwêreldkampioenskap verteenwoordig.

Kryn is Jonker se tweede atleet, uit dieselfde familie, wat vir ‘n junior wêreldbyeenkoms kwalifiseer.

“Hoërskool Ermelo is voorwaar trots op die prestasies van sy leerders en afrigters. Baie geluk aan Kryn en Jonker. Ons wens julle alle sterkte toe vir die kampioenskap,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button