Local newsLocal sportNewsSport

Nico is nuwe stoeikampioen

Nico van den Berg wys sy staal by Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe.

SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub het onlangs die nuwe Suid-Afrikaanse Jeugstoeikampioen in die 0/15-39- tot 42kg-afdeling geword.

Hy en ander stoeiers van Sasol Stoeiklub het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Vrystyl Jeugstoeikampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en presteer.

Janus Jooste, Dawie Hechter en Nathan Webb het ook deelgeneem en volgens me. Lollie van den Berg, bestuurslid van Sasol Stoeiklub, het dié stoeiers hul beste gegee en stoei van uitstaande gehalte gelewer.

“Nico se prestasie is aan die Here te danke wat hom die krag, talent en vermoeë gegee het om te kan presteer,” het me. Van den Berg gesê.

Nico het sy afrigters asook ander stoeiers wat hom deur die jaar gehelp het, bedank.

“Ons is baie trots op ons stoeiers,” het mnr. Johan van den Berg, hoofafrigter by Sasol Stoeiklub, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button