Local newsLocal sportNewsSport

Stingrays seëvier

Stingrays teken 236 lopies aan in wedstryd teen Delmas.

SECUNDA – Die Stingrays Krieketklub het Saterdag, 2 November met Delmas Krieketklub op Hoërskool Oosterland se veld afgereken.

Die Stingrays het 236 lopies vir nege paaltjies aangeteken teenoor Delmas se 180 lopies vir nege paaltjies.

Reinhard Gunter het die meeste lopies, naamlik 62 vir die Stingrays aangeteken en Christiaan Naudé het 45 lopies vir dié span aangeteken.

Die Stingrays speel Saterdag, 9 November om 10vm op Oosterland se veld teen die Warriors 2 van Ermelo.

Belangstellendes is welkom om na die wedstryd te gaan kyk.

Vir meer inligting, besoek die Stingrays se webtuiste by https://sites.google.com/site/secundastingrays/.

Related Articles

Back to top button