Local newsLocal sportNewsSport
Wayne en Lee in SA Rhino-span
Twee plaaslike Rugby League-spelers, Wayne Burger en Lee Langenhoven, is in die nasionale Rhino-span opgeneem wat vandeesweek in twee toetswedstryde teen die British Community Lions speel.

Twee plaaslike Rugby League-spelers, Wayne Burger en Lee Langenhoven, is in die nasionale Rhino-span opgeneem wat vandeesweek in twee toetswedstryde teen die British Community Lions speel.
Een wedstryd is Woensdag in Pretoria gespeel en die tweede word Sondag in Johannesburg gespeel.
Hulle is ook saam met nog ’n plaaslike speler, Deo Botha, in die groep van 30 Rhino-spelers ingesluit wat volgende jaar ’n toer na Italië en Serbië onderneem.
Die Rugby League Rhinos is gelykstaande aan die Rugby Union se Springbokspan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!