Local newsLocal sportNewsSport

Ermeloërs haal SA-karatespan

Drie lede van Ermelo Karate Akademie is vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat in Junie aan die Wêreldkampioenskap (WJKA) in Nederland gaan deelneem.

Drie lede van Ermelo Karate Akademie is vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat in Junie aan die Wêreldkampioenskap (WJKA) in Nederland gaan deelneem.

Lional Grobler, Hendrikus Visser en Daniël Visser is al drie onder die top 100 op die ranglys van Traditional Karate South Africa (TKSA).

Daniël is nommer een op dié ranglys, Hendrikus 43ste en Lional 67ste.

Verder spog  al drie ook met nasionale kleure in Traditional Styles Karate Knowledge In Action (TSKKIA) en South African Federation of Shotokan Karate (SAFSK)

Die koste om aan die kampioenskap deel te neem beloop R20 000 per deelnemer. Mense wat moontlik geldelike hulp kan bide, kan Carl-Ann skakel by  074 494 9012.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button