Local newsLocal sportNewsSport
Skuts van pistoolklub gradeer
Drie skuts van EDPC (Ermelo Defensive Pistol Club) is Saterdag ná afloop van 'n "classifier shoot" bevorder.
EDPC (Ermelo Defensive Pistol Club) het Saterdag ’n “ classifier shoot” op die Vlakfontein-skietbaan gehou waartydens skuts geëvalueer is om na ’n volgende klas bevorder word.
Drie skuts is na ’n hoër klas bevorder. Bruce Theron is bevorder na skerpskutter en Christo Botha en Johan Neethling na fynskuts (marksmen) bevorder.
EDPC spog met 10 nuwe lede en die jaar beloof om groot hoogtes vir die klub in te hou. Die nuwe lede is Henry van Wyk, Phillip Nieuwoudt, Thys Pienaar, Steve Rautenbach, Stephen Rautenbach, Ernst Jansen van Rensburg, Loekie Jansen van Rensburg, Gernus Jansen van Rensburg, LM Jansen van Rensburg en Heinrich Jansen van Rensburg.
Belangstelende skuts wat by die klub wil aansluit, kan die nuwe voorsitter, Gert Janse van Rensburg, skakel by 083 649 9499 of e-pos by admin@edpc.co.za of besoek die webblad by www.edpc.co.za .
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



