Slegs klein visse wat byt
Die Visarend Hengelklub het verlede naweek 'n kompetisie by Ons Pan gehou

Die Visarend Hengelklub Ermelo het verlede naweek ´n hengelkompetisie by Ons Pan gehou.
Die hengelaars het behoorlik gesweet in die warm son, alhoewel hulle baie visse uitgetrek het was almal baie klein.
228 Karps is gedurende die kompetisie gevang met ´n totale massa van 34.74kg.
Al die vis wat gevang is, is weer teruggeplaas.
In die senior-afdeling het Martinus Coetzee eerste geëindig met 38 visse, Johan Stapelberg was tweede met 36 visse en in die derde plek was Johan de Jager wat 29 visse gevang het.
Johan de Jager het die junior-afdeling gewen met 19 visse wat hy uitgetrek het en tweede was Martin Smith met 13 visse.
Die volgende kompetisie vind 13 Maart plaas.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



