Local newsLocal sportNewsSport

Nico palm kampioenskaps-titel in

Nico het lankal sy merk in dié motorsport gemaak met drie Regional Champ-titels en drie nasionale kampioenskapskrone in die 1660's Modified Saloons-klas.

Nico Vorster is verlede naweek as die SA ovaalbaankampioen vir 2016 gekroon.

Die SA kampioenskap aangebied deur Motorsport Suid-Afrika (MSA) is oor vier bene met ‘n puntestelsel beslis.

Elke been bestaan uit twee wedrenne en ‘n finaal.

Nico het in die nasionale hotrod-klas deelgeneem, al vier bene oortuigend gewen en in die proses ook drie baanrekords verbeter.

Die eerste been het by die Ultimate Raceway in Vereeniging plaasgevind waar hy die baanrekord van sewe jaar laat spat het.

In die tweede been by Rietkuil het hy ‘n vyf jaar oue rekord verbeter en in Pietersburg (Polokwane Oval) die rekord wat reeds twee jaar gestaan het, herskryf.

Die laaste been het verlede naweek by Mahem in Pretoria plaasgevind waar hy as SA kampioen gekroon is.

Nog ‘n Ermeloër, Wors Prinsloo, het derde in dié kampioenskap geëindig.

Nico het lankal sy merk in dié motorsport gemaak met drie Regional Champ-titels en drie nasionale kampioenskapskrone in die 1660’s Modified Saloons-klas.

In Augustus het hy opslae gemaak toe hy die 2015-wêreldkampioen, Shane Murphy van Ierland, en vyf vorige SA kampioene uitoorlê het in ‘n nasionale wedren aangebied deur WOMZA by die Rock Raceway in Johannesburg.

Nico het groot planne vir die toekoms. Eerstens beoog hy om sy titel te verdedig en dan hoop hy om sy merk op die langbaan (Zwartkops, Midvaal en Kyalami) te maak.

Ermeloërs ken Nico as ‘n sake-, sport- en familieman wat altyd tyd sal maak vir ander en help waar nood is.

In sy vrye tyd rig hy sy nege-jarige seun, Juanrico, af wat ook ‘n liefde vir motorsport ontwikkel het.

Juanrico het vanjaar reeds twee wedrenne gewen en hoop om in sy pa se voetspore te volg.
Hou gerus die DSTV-kanaal 189 (Ignition) dop vir Nico se laaste wedren op Mahem wat binnekort uitgesaai word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button