Fotogalery – Ermeloërs is SA 4×4-kampioene
Die kompetisie was straf en die twee Ermeloërs is tot die uiterste beproef.
Johan Strauss en sy mede-bestuurder, Hennie Horn, is die nuwe SA kampioene in die “Super Modified”-klas van die MAXXIS 4XTR Challenge-reeks.
Dié besondere eer het die twee Ermeloërs te beurt geval ná afloop van die agtste en laaste ronde in vanjaar se reeks wat Saterdag op hul tuisbaan gehou is.
Dié is ‘n geregistreerde SA kampioenskapsreeks en word deur MSA (Motorsport Suid-Afrika) erken. Byeenkomste word op bane regoor die land gehou.
“Ons het vanjaar baie bestendig gery en in ses uit die agt rondes op die podium geëindig. Dit het drie oorwinnings ingesluit,” het Johan gesê.
“Voor die Ermelo-byeenkoms het ons ‘n 10-puntvoorsprong op ons naaste teenstander gehad. maar daar was baie druk op ons om ten minste onder die eerste drie plekke te eindig om die kampioenskap te beklink.”
Die kompetisie was straf en die twee Ermeloërs is tot die uiterste beproef, maar Saterdag se tweede plek het aan hulle genoeg punte besorg om die reeks te beklink en as die 2015 SA kampioene uit die stryd te tree.
Deelnemers was dit eens dat die Ermelo-baan die moeilikste op vanjaar se jaar se kalender was, maar die byeenkoms tog beskou as ‘n hoogtepunt van die reeks.
Toeskouers en selfs deelnemers het kort-kort na die asem gesnak toe die brullende motors die groot walle en moeilike terrein aangedurf het.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590









































