Local newsNews
Rorariërs gee krukke en wiegie en maak harte bly
Mnr. Willie van den Bergh het 'n stel splinternuwe krukke ontvang en me. Colleen Peachy van Nana's Day Care is 'n wiegie ryker.

Die Ermelo Rotariërklub het Vrydag die woord by die daad gevoeg nadat hulle tydens ‘n vroeëre Bingo-aand onderneem het om die geld wat ingesamel word in die gemeenskap terug te ploeg.

Die krukke is aangekoop met deel van die Bingo-geld en die wiegie was ‘n skenking.
Die Rotariërs hou vroeg in Oktober weer ‘n Bingo-aand.
Hou die Hoëvelder dop vir die presiese datum.
Hulle hou ook op 1 Desember ‘n aandmark by die Ermelo-skouterrein.
Koste beloop R200 per stalletjie.
Skakel Nicolene Griffiths by 076 709 0799 vir meer inligting.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



