Local newsNews

Wouter en Marina groet Ermelo

"Aan al ons vriende, familie, kennisse, dokters en andere by wie ons nie uitgekom het om te groet nie, sê ons dankie. Dankie vir elkeen se ondersteuning en omgee in tye van blydskap en hartseer.

Vriende en kennisse het Vrydgaand op gepaste wyse van Wouter en Marina Pretorius by die Ermelo Mothklub afskeid geneem.

Die paartjie het Maandag na Nylstroom verhuis.

Wouter is in Ermelo gebore en getoë en het aan die destydse Genl. Albert Hertzog Hoërskool, nou bekend as Ligbron Akademie vir Tegnologie, gematrikuleer.

Marina was 41 jaar in die dorp en vir 31 jaar werksaam as sekretaresse by Landman en Odendaal.

Hulle het twee dogters, Dorette en Marie.

Wouter was oor die jare eers by Eastvaal Ford, daarna by Harlen Delta en die laaste jare by Ermelo Truck en Tractor werksaam.

Hy was baie betrokke in die gemeenskap en was vir jare lid van die Mothsklub en die kommando. Hy het ook vir 38 jaar gedien as diaken in die

Hervormde Kerk se moedergemeente.

Marina was saam met hom betrokke by die Moths en die sustersvereniging van die kerk

“Aan al ons vriende, familie, kennisse, dokters en andere by wie ons nie uitgekom het om te groet nie, sê ons dankie. Dankie vir elkeen se ondersteuning en omgee in tye van blydskap en hartseer.
“Wees verseker dat dit nie ongesiens verbygegaan het nie en dat ons almal van julle beslis gaan mis. Ermelo en sy mense sal vir altyd in ons harte bly,” het Wouter en Marina gesê.

Die paartjie is lief vir kampeer en Marina in besonder vir tuinmaak en sy gaan nou dié liefdes uitleef.

Wouter het egter ook ‘n ander pos aanvaar en gaan nog vir ‘n tyd werksaam wees.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button