Crime

OPVOLG – Bestuurder in hegtenis ná dodelike N2-botsing buite Ermelo

'n Bestuurder is in hegtenis geneem ná 'n botsing buite Ermelo, waarin vyf mense dood is. Hy het na bewering teen 'n spoed van meer as 170 km/uur gery.

ERMELO – ‘n Bestuurder van een van die voertuie wat vroeër vanaand, 13 Junie, in ‘n gruwelike botsing op die N2-pad buite Ermelo  betrokke was, is in hegtinis geneem.

Die bestuurder word aangekla van oormatige spoed, versuim om stil te hou toe wetstoepassers hom beveel het, en van beweerde bestuur onder die invloed van alkohol.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder vir die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, het die bestuurder na bewering teen ‘n spoed van meer as 170 km/h gery.

“Dit wil voorkom asof hy versuim het om stil te hou en daarna met ‘n ander voertuig op dieselfde pad gebots het,” het Mmusi in ‘n mediaverklaring gesê.

Die sedan, wat vier passasiers vervoer het, het glo beheer voordat dit in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n vragmotor betrokke was.

Al vyf insittendes van hierdie sedan, insluitend die bestuurder, is op die toneel dood.

‘n Ondersoek na die botsing is reeds aan die gang.

LEES OOK: OPVOLG: 5 dood ná trok en 3 motors bots op N2 buite Ermelo

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling in Mpumalanga, Jackie Macie, doen ‘n dringende beroep op motoriste om meer verantwoordelik op te tree.

Hy het motoriste gemaan om die reëls en die lewens van ander padgebruikers te respekteer.

“Te veel trane is reeds gestort en te veel families is verwoes deur onbedagsame, roekelose en nalatige bestuurdergedrag, en dit moet stop. Alle padgebruikers moet hul deel doen deur die reëls te gehoorsaam om ons paaie veiliger te maak,” het Macie gesê.

Hy het ook sy innige meegevoel betuig aan die families van die oorledenes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button