Municipal

Boere en inwoners slaan hand aan die ploeg om Morgenzon op te knap

Plaaslike boere en inwoners van Morgenzon het ’n projek van stapel gestuur om die dorp se strate en infrastruktuur te verbeter.

MORGENZON – Plaaslike boere het die afgelope week met trekkers, padskrapers en ander toerusting die dorp ingevaar om bome te snoei, paaie te skraap en die dorp se voorkoms te verbeter.

Daar heers ‘n nuwe gees van samewerking tussen inwoners en boere.

Boere en dorpenaars maak die paaie in Morgenzon rybaar tydens die opknappingsinisiatief.
Boere en dorpenaars werk saam om die paaie in Morgenzon rybaar te maak. Foto: Hennie du Preez

“Die boere en inwoners van Morgenzon is moeg gesukkel met die agteruitgang van die dorp. Hulle het besluit om self hand aan die ploeg te slaan en dinge reg te ruk,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Hennie du Preez, wat saam met sy broer Flip die projek van stapel gestuur het, sê die gemeenskapsinisiatief wys dat inwoners nie langer wil wag vir die plaaslike owerheid nie.

Du Preez beklemtoon dat die werk nog nie klaar is nie en beoog om die projek ‘n jaarlikse instelling te maak.

Inwoners van Morgenzon sê hulle is moeg om te wag op die plaaslike owerheid vir verbeteringe aan die dorp.
Inwoners van Morgenzon neem self aksie aangesien hulle, volgens hulle, moeg is om op die plaaslike owerheid te wag. Foto: Hennie du Preez

Die projekte het reeds merkbare resultate gelewer en die dorp se strate getuig van die samewerking tussen inwoners en boere.

Meer besonderhede volg in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button