Msukaligwa munisipaliteit stel nuwe parkeerplekke vir gestremdes en bejaardes in
Vier parkeerplekke by die plaaslike owerheid is spesiaal gereserveer om inwoners met gestremdhede en bejaardes beter diens te bied.
ERMELO – Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het vier parkeerplekke spesiaal gereserveer vir mense met gestremdhede en bejaardes, wat inwoners se toegang tot die kantore aansienlik vergemaklik.
VF Plus-raadslid Shobie Arnoldi het volgehoue pogings aangewend om die munisipaliteit op die dringende behoefte aan toeganklike parkeerplekke te wys.

“Gereserveerde parkeerplekke is nie net ’n waardevolle hulp vir mense met gestremdhede nie, maar stel ook ons bejaardes in staat om munisipale dienste met meer gemak en waardigheid te bekom,” sê Arnoldi.

Een inwoner het gesê sy het al vir jare sulke fasiliteite versoek, maar eers nou is dit gerealiseer.
Arnoldi noem die gebruik van die parkeerplekke reeds ’n groot vreugde:
“Dit was veral verblydend om te sien hoe ’n bejaarde man die nuwe fasiliteit gebruik en dat sy besoek aan die kantore nou merkbaar makliker en geriefliker is,” voeg hy by.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



