Municipal

VIDEO – Munisipaliteit erken uitdagings in die instandhouding van Ermelo se parke

Ermelo-munisipaliteit erken probleme met openbare drinkery en rommel in die park, maar hulpbronne beperk effektiewe optrede.

ERMELO – Die parkie agter die Family Life Church in De Bruinpark is weer in die nuus, ongelukkig vir al die verkeerde redes.

Hordes leë bottels, glasskerwe en rommel lê wyd oor die terrein, en selfs voor en in inwoners se erwe.

Inwoners frustrasie oor openbare drinkery

’n Inwoner met wie Hoëvelder gesels het, het sy frustrasie daaroor uitgespreek.

“Dis gewoonlik oor ’n betaalnaweek, en nou met die matriekafskeid was dit weer erg,” het hy vertel.

“Ek het al menigte kere die polisie gebel, maar niemand doen iets daaraan nie.”

Rommel en bottels versprei voor iemand se oprit naby die park.
Rommel van parkbesoekers te siene voor iemand se oprit naby die park. Foto: Wayne van der Walt

Volgens hom sit en drink volwassenes onder bome regoor die park, en talle hoërskoolleerlinge was ook deel van die onlangse groep.

“Daar is al voorheen geweerskote afgevuur, sonder enige optredes deur die plaaslike owerhede. Hierdie mense het reeds die Petdam oorgeneem en daardie area vernietig, hoekom kan hulle nie maar daar bly en verder die plek verwoes nie?”

Hy meen dit is beter om een afgebreekte plek te hê as om elke park en oop veld in ’n drinkplek te verander.

@highvelder

Public drinking, littering and vandalism is taking over in Ermelo, what is the local SAPS and Msukaligwa Municipality doing to curb it? Read the article at www.highveldernews.co.za #Ermelo #publicdrinking #Msukaligwa #ErmeloSAPS

♬ Original Sound – Unknown

Munisipaliteit erken uitdagings

Hoëvelder het navrae aan Mandla Zwane, die woordvoerder van die MPO, sowel as kapt. Carla Prinsloo van die Ermelo-polisie gestuur. Zwane het terugvoer gegee, terwyl Prinsloo laat weet het dat die navraag na lt.kol. Kemp verwys is.

Die MPO het bevestig dat hulle bewus is van die uitdagings rondom drink in die openbaar, rommelstorting en vandalisme in Ermelo se parke.

Die munisipaliteit het verduidelik dat hulle onverpoosd aan dienslewering en die instandhouding van parke werk, maar dat die vermoë om dit effektief te doen, deur diefstal, vandalisme en swak inkomste-insameling beperk word. Hulle werk saam met die gemeenskap en wetstoepassingsbeamptes om hierdie probleme te probeer hok slaan, terwyl hulle ook steeds die grasperke- en opruimingswerk behartig.

Zwane sê: “Wat die toepassing van munisipale regulasies betref om skade en rusverstoring te voorkom, het die plaaslike owerheid wel reëls en beleide wat handel oor rusverstoring en parke, maar konsekwente uitvoering daarvan bly ’n uitdaging weens beperkte hulpbronne.”

Hy het inwoners wel aangeraai om rusverstoring by die munisipale oproepsentrum aan te meld.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button