Riool veroorsaak duisende rande se skade by Ermelo Rolbalklub
Fritz Olmesdahl sê die Ermelo Rolbalklub moes duisende rande betaal ná 'n tweede riool-oorvloei in minder as ses maande.
Die Ermelo Rolbalklub was weer die slagoffer van ‘n verskriklike riool-oorvloei, nadat groot hoeveelhede rioolwater oor hul perseel gestroom het, die tweede keer sedert Junie.
Volgens die baanopsigter Fritz Olmesdahl moes die klub duisende rande uit eie sak betaal om die bane te herstel nadat riool oor die setperke en ander gedeeltes van die klub gestroom het.
Hy sê die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het eers opgetree nadat die media en politici betrokke geraak het – teen daardie tyd was die skade reeds gedoen.
Die voorval het ook die klub se besigheidsliga ontwrig, wat ’n belangrike bron van inkomste is.
Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.



