Chrissiesmeer se buurtspan maak tasbare verskil met opruimingsprojekte
Selfbestuur in Chrissiesmeer toon resultate nadat die plaaslike buurtspan tientalle sakke rommel verwyder en openbare ruimtes opgeknap het.
CHRISSIESMEER – Die AfriForum-buurtspan in Chrissiesmeer het weer eens bewys dat selfbestuur haalbaar is deur grootskaalse opruimings- en instandhoudingswerk in die dorp te doen.
In Februarie alleen het die span 11 hektaar gras gesny en talle strate sowel as die dorp se ingange skoongemaak.

Die begraafplaas is ook opgeknap en ’n projek is van stapel gestuur om die terreine van die vervalle tennisbane op te ruim.
Sedert Januarie is 174 sakke rommel verwyder.

Volgens die span speel netheid ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie, veral aangesien dit grootliks van toerisme afhanklik is.
AfriForum het ook ingespring om vullis te verwyder toe die munisipaliteit nie diens kon lewer nie.
Lees meer oor die besonderhede in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.



