VIDEO – Nie eers Ermelo se slaggate kan Ermeloërs se sin vir humor demp nie
Inwoners vind herkenning en humor in ’n video wat hul daaglikse ervarings met die huidige toestand van paaie weerspieël.
Ermeloërs het weer gewys hoe hulle selfs moeilike situasies met ’n bietjie humor kan hanteer—veral wanneer dit by die dorp se padtoestande kom.
’n Video wat in die Patriotic Alliance se WhatsApp-groep gedeel is, het vinnig aandag getrek.
Mense het dit met hul eie ervarings van die huidige padtoestande op die dorp verbind.
Soos Suid-Afrikaners nou maar met alles van Covid tot beurtkrag gemaak het, vind ons humor in ernstige sake om te keer dat dit ons heeltemal oorweldig.
@to_the_very_sky смішне старе німе кіно😄😄😄😄😄😄😄 #цьогодня #funny #funnyvideos #longervideos #positivity #smile #fup #fupシ #video #viral #tiktok #українськийтікток ♬ оригинальный звук – music23.
Verskeie mense het veral aanklank gevind by die byskrif, wat met ’n tikkie satire lui: “This movie was shot and produced in Pretoria in 1956, and still the potholes are not fixed!!”
Hoewel die lag maklik kom, bly die werklikheid egter dat motoriste daagliks uitdagende padtoestande moet trotseer—met slaggate wat soms onverwags skade kan veroorsaak.
Maak seker om volgende week se Hoëvelder te lees waar daar gefokus word op die kruising van Generaal Botha- en De Bruinstraat wat motoriste noop om te ‘swaai of sink’ terwyl hulle daagliks deur die gebied ry.



